Welkom by diaspora*
Die aanlyn-sosiale wêreld waar jy in beheer is

diaspora* is gebaseer op drie basiese doelstellings:
Desentralisasie
In plaas van almal se data vervat te wees op groot sentrale servers besit van 'n groot organisasie, kan plaaslike servers ("peule") opgestel word op enige plek in die wêreld. Jy kies met watter peul te registreer – miskien jou plaaslike peul – en verbind moeiteloos met die diaspora* gemeenskap wêreldwyd.
Vryheid
Jy kan wees wie jy wil wees in diaspora*. In teenstelling met sommige netwerke, hoef jy nie jou ware identiteit te gebruik nie. Jy kan met wie jy wil deel op watter wyse ookal jy wil. Die enigste beperking is jou verbeelding. diaspora* is ook gratis sagteware, wat jou die vryheid om gee dit te gebruik soos jy wil.
Privaatheid
In diaspora* is jy die eienaar van jou eie data. Jy gee nie enige regte aan 'n korporasie of ander belang wat dit kan gebruik nie. Met diaspora*, jou vriende, jou gewoontes, en jou inhoud is jou besigheid ... nie ons s'n nie! Daarbenewens, kies jy wie sien wat jy deel, met behulp van Aspekte.
Wil jy begin? Dit is so maklik soos 1, 2, 3 ...
1. Kies a peul
Vind 'n peul wat jou pas. Jy kan verkies om 'n kleiner peul te gebruik, of een wat gebaseer is naby waar jy woon, of een wat gebaseer is in 'n land wat jy weet het goeie data sekuriteitsbeleide. Die keuse is joune! Kies uit ons gemeenskaplike peule, miskien een wat gebaseer is naby jou.
2. Registreer
Sodra jy besluit het watter peul jou pas, gebaseer op Fediverse Observer en miskien aanbevelings van mense wat jy vertrou, registreer daar en skep 'n profiel met so veel of so min persoonlike inligting soos jy wil. Jy is in beheer oor hoeveel jy deel.
3. Sluit aan by die gesprek!
Begin sommige #etikette wat aan jou bellangstellings verwant is te volg: dit kan #musiek, #fotografie, #privaatheid of #linux wees – watookal jy belangstel in. Deel 'n openbare boodskap met die #newhere etiket om jouself voor te stel, en daar gaan jy. Jy is nou deel van die lewendige diaspora * gemeenskap.
Aspekte
diaspora* het die konsep van die aspekte pioneer, wat beteken dat jy jou kontakte kan organiseer volgens hul rol in jou lewe. Dit beteken dat jy iets kan deel slegs met familielede of kollegas by die werk, met die wete dat niemand wat jy nie wil nie, sal in staat wees om te sien wat jy plaas.
Funksies
#Etikette gee vir jou die vryheid om jou interesse te identifiseer en volg. Jy kan mense se aandag kry as jy hulle @roep. Deel plasings waarvan jy hou sodat anders hulle ook kan geniet en kommentaar daaroor kan lewer. En wys jou liefde vir ander mense se werk deur dit te ♥.
Wil jy help?
diaspora* het mense nodig om kode te skryf en toets, om nuwe lede te verwelkom en te help, om gemeenskaplike peule op te stel en te onderhou, en om die woord te versprei oor die voordele van diaspora* na ander mense wat dalk deel wil neem. Dink u jy wil aan die projek bydra?

Sosiale netwerk inegrasie
Gebruik diaspora* as jou huis base om op jou ander profile op belangrike sosiale netwerke te plaas. Op dié manier sal jou vriende nog steeds in staat wees om tred te hou met wat jy doen, selfs al is hulle nie nog op diaspora* nie. diaspora* ondersteun tans kruis-plasing na Facebook, Twitter, en Tumblr rekeninge, met meer te kom.